0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (5)
  • R250 - R500 (1)
  • R1,000 - R2,500 (2)
  • R2,500 - R5,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 9 of 9 matches in All Departments

Roman (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Roman (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
bundle available
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Die “roman” in die titel verwys na ’n spinnekop of baardskeerder, wat die teenwoordigheid van onheil, boosheid en gevaar verteenwoordig.

Die Klein Karoo se berugte reeksmoordenaar, Gert Bloubaard Swanepoel het in die 1800’s op die spogplaas Rietfontein in die Attaquas tussen Oudtshoorn en Calitzdorp geboer. Swanepoel se pa was ’n siener wat glo met ’n halwe helm gebore is. Hy het groot onheil gesien voor Gert se geboorte. Sy ma was ’n wrede, ongenaakbare en sadistiese mens wat plaaswerkers se kinders se mangels uitgeskep het met ’n rooiwarm teelepel, sonder enige verdowing.

Danie Gouws, akademikus van Stellenbosch, vertoef in die Klein Karoo om navorsing te doen oor kulturele gebruike en erfgoed. Waarin hy hom egter vasloop, is die spook van Gert Swanepoel: “Wat Danie Gouws nog nie weet nie, is dat Gert hom gister al sien aankom het toe hy in die pas oor die Gamka gery het.”

Want, in die woorde van die oplettende, diepsinnige petroljoggie Willem Marsman: “As jy klippers in dié deel van die wêreld omrol, dan hardloop daar sommer gou gevaarlike goete soos skerpioene oor die vlaktes of ’n romans wat jou jaag om in jou skaduwee te kom”.

Kan ’n mens oorlewering glo? Wie was Gert – voorslagboer, veedief, geweldenaar, moordenaar, minaar? Dit hang af met wie ’n mens gesels, want stories is plooibaar.

Die Slaghuis (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Die Slaghuis (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R206 Discovery Miles 2 060 Ships in 4 - 8 working days

Die Slaghuis van Cas Wepener speel byna uitsluitlik in ’n enkele huis in ’n fiktiewe plattelandse dorpie in die Noordkaap af, met verhaalgebeure wat oor vier dekades strek. Hier woon Marietta en haar man, Karel, in 1997. Karel is ’n afgetrede oudbrigadier in die Suid-Afrikaanse polisiediens, verantwoordelik vir die dood van duisende sg. “terroriste” in die Vlakplaas-debakel.

Hy weier egter om aansoek te doen vir amnestie en kruip letterlik op dié dorp weg. Dit is hier waar verteller Marietta betekenis soek en terselfdertyd sin probeer maak van die skuldlas van haar man en haar eie geheimsinnige verlede. Op die dorp is daar ’n legendariese slaghuis waar Marietta byna elke dag vleisaankope maak en waar die jong meisie Kylie se pa as slagter werk.

Kylie se verhaal word hoofsaaklik in 2017 vertel waar sy dieselfde huis huur waar Marietta en Karel in 1997 gewoon het en besig is, aan die een kant met die verwerking van haar pa se sondes en, aan die ander kant met die opvoeding van haar vet seun. Haar pa was nie net die slagter op die dorp nie, maar verantwoordelik vir die afmaaiing van ’n hele paar mense in die apartheidsera ¬– gebeure van 1977 wat mettertyd in die vorm van terugflitse vorm aanneem en aan dieselfde huis verbind word.

Die roman Die Slaghuis is van vleisbeelde aanmekaargesit. Verwysings na alles van braaivleis tot tong, viennas, potjiekos, afval en “peertjies” (lamstestikels) snoer die roman saam tot geheel en funksioneer as element waardeur spanning geleidelik opgebou word. Die roman draai beslis nie doekies om oor skuld en skuldelas van die apartheidsverlede nie en skakel dit telkens met ’n beheptheid na vleis.

Johanna (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Johanna (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener 1
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Johanna van Cas Wepener is ’n roman oor die dood van ’n vrou, Johanna, en haar impak op die mense rondom haar se lewens. Johanna is lesbies in ’n tyd waar dit in die George waar sy grootword en meeste van haar lewe woon, nie sosiaal aanvaarbaar is nie. Die verhaal word geskryf vanuit verskillende perspektiewe: Vanuit haar geliefde Muriel se oogpunt, haar wyse bediende Nonna, haar suster, haar dominee en haar susterskind Willie. Hulle almal probeer haar dood verwerk en sin maak van sekere dramatiese gebeurtenisse in haar lewe as klein dogtertjie. Johanna is ’n aangrypende roman oor die impak van ’n lewe binne ’n sekere milieu en kultuur. Dit getuig van goeie vakmanskap en ’n fyn aanvoeling vir menseverhoudinge, omgewing en atmosfeer.

Syferfontein (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Syferfontein (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
bundle available
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met 'n ysterhand bestuur. Na die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is.

Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas. Syferfontein is die noukeurige en vaardige bestekopname van die herinneringe, denke en drome van ’n bejaarde man en vertel die verhaal van die uiteindelike ondergang van ’n patriargale Afrikaner oor die tydsverloop van 'n enkele naweek.

In hierdie tragedie waarin Peet van Jaarsveld van sy verlede rekenskap neem, wys outeur Cas Wepener ons 'n wereld en 'n denkwyse wat op makabere manier sowel vertroud as vreemd is.

Dubbelfoto (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Dubbelfoto (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

'n Versameling kortverhale wat 'n familiegeskiedenis uitbeeld en strek van die ernstige tot die komiese. Met uiteenlopende verhale wat sowat 'n eeu bestryk (beginnende op 'n plaas in die Kamdeboo en eindigend in die stad) word byna kaleidoskopies gekyk na lewens, plekke, indrukke en ervarings. Deurlopende motiewe soos die bentwood-stoel, familiefoto's en 'n driewel bind die verhale tot 'n boeiende eenheid.

International Handbook of Practical Theology (Hardcover): Birgit Weyel, Wilhelm Grab, Emmanuel Lartey, Cas Wepener International Handbook of Practical Theology (Hardcover)
Birgit Weyel, Wilhelm Grab, Emmanuel Lartey, Cas Wepener
R2,676 R2,076 Discovery Miles 20 760 Save R600 (22%) Ships in 10 - 15 working days

Practical theology has outgrown its traditional pastoral paradigm. The articles in this handbook recognize that faith, spirituality, and lived religion, within and beyond institutional communities, refer to realms of cultures, ritual practices, and symbolic orders, whose boundaries are not clearly defined and whose contents are shifting. The International Handbook of Practical Theology offers insightful transcultural conceptions of religion and religious matters gathered from various cultures and traditions of faith. The first section presents 'concepts of religion'. Chapters have to do with considerations of the conceptualizing of religion in the fields of 'anthropology', 'community', 'family', 'institution', 'law', 'media', and 'politics' among others. The second section is dedicated to case studies of 'religious practices' from the perspective of their actors. The third section presents major theoretical discourses that explore the globally significant diversity and multiplicity of religion. Altogether, sixty-one authors from different parts of the world encourage a rethinking of religious practice in an expanded, transcultural, globalized, and postcolonial world.

Ritmes En Rites - Rubrieke Vir Drumpeltye (Afrikaans, Paperback): Cas Wepener Ritmes En Rites - Rubrieke Vir Drumpeltye (Afrikaans, Paperback)
Cas Wepener
bundle available
R220 R172 Discovery Miles 1 720 Save R48 (22%) In Stock

Ritmes En Rites is ʼn keur uit die koerantrubrieke van Cas Wepener wat die afgelope sewe jaar in die dagblaaie Beeld en Die Burger, aanlyn op Netwerk24, asook in Vrye Weekblad verskyn het.

Met sy pen verken hy die alledaagse lewens van Suid-Afrikaners, die netwerk verhoudings waarin hulle staan en karteer so veranderende tye.

Pluralisation and social change - Dynamics of lived religion in South Africa and in Germany (Hardcover): Lars Charbonnier,... Pluralisation and social change - Dynamics of lived religion in South Africa and in Germany (Hardcover)
Lars Charbonnier, Johan Cilliers, Matthias Mader, Cas Wepener, Birgit Weyel
R3,286 Discovery Miles 32 860 Ships in 10 - 15 working days

How can one describe the pluralisation of the religious realm, which is of such significance for processes of social change? How can it be done from an international perspective? The book sharpens the idea of religious pluralisation by elucidating it against the backdrop of specific religious phenomena and practices. Concepts and interpretations of religious praxis are correlated here in a way that has proven most fruitful in the field of Practical Theology. We take a closer look at twelve highly relevant topics that are formative for the practical-theological discourses in South Africa and Germany: poverty and wealth, education, transitional rites and passages, health, religious community formation and the future of the Church, beginning and end of life, transformation of the media, migration and interculturality, populism and radicalisation in religion and knowledge, processing of the past, communal living. Each topic will be introduced by one scholar from a certain country and commented on by another. The conversational procedure contributes to a contextual theology that understands theology essentially as dialogue. In all contributions pluralisation is the overarching topic. It shall be developed as a conception and theory respectively, both of which are not self-evident their theoretical implications must be explicitly unfolded.

From Fast to Feast - A Ritual-liturgical Exploration of Reconciliation in South African Cultural Contexts (Paperback): Cas... From Fast to Feast - A Ritual-liturgical Exploration of Reconciliation in South African Cultural Contexts (Paperback)
Cas Wepener
R1,980 Discovery Miles 19 800 Out of stock

Today, some years after the first democratic elections in South Africa as well as the final report of the Truth and Reconciliation Commission (TRC), it is clear that reconciliation is still needed on all terrains of South African society. More and more people are becoming aware of unchanneled emotions such as guilt, fury, revenge and grief which are still alive in South Africa and which come to fore in different ways. It seems as if reconciliation is a process that will in fact take years, if not generations. The task of the TRC has been completed, but the task of reconciliation on all levels in South African society and the debate surrounding it are far from complete. Very little research has been conducted to understand both the process and the kinds of reconciliation rituals that are needed. And this is exactly the aim of the research described in this book. The research described here aims at making a contribution towards the process of reconciliation in South Africa by specifically looking at one small but important element in that process, namely ritual. To this end several ritual probes were conducted, including an ethnographic probe describing research by means of participatory observation in local South African communities, as well as a cultural-anthropological, biblical, historical and descriptive probe. From these probes ritual qualities were distilled which can be used for the liturgical inculturation of rituals of reconciliation in South Africa.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Sony PlayStation Dualshock 4 V2…
R1,303 Discovery Miles 13 030
Mosquito Killer (White)
R499 R225 Discovery Miles 2 250
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Space Blankets (Adult)
 (1)
R16 Discovery Miles 160
Bestway Beach Ball (51cm)
 (2)
R26 Discovery Miles 260
The Ultra Vivid Lament
Manic Street Preachers CD R89 Discovery Miles 890
Bug-A-Salt 3.0 Black Fly
 (1)
R999 Discovery Miles 9 990
Sony PlayStation 5 DualSense Wireless…
 (2)
R1,599 R1,479 Discovery Miles 14 790
Wild About You - A 60-Day Devotional For…
John Eldredge, Stasi Eldredge Hardcover R299 R246 Discovery Miles 2 460

 

Partners